Sekere vorms moet tydens die aansoekproses opgelaai word. Om u te help met die aansoekproses, kan u eers die dokumente aflaai en voltooi voordat u met die proses begin.
U kan die dokument op die "Elektroniese dokumente" bladsy oplaai.
Belangrike Kennisgewing
Studente word versoek om hul aansoek in te dien sodra hulle die aanlyn-aansoek voltooi het. Enige aansoek wat na die sluitingsdatum van enige kwalifikasies ingedien word sal outomaties gekanselleer word. U sal nogsteeds enige uitstaande dokumente kan byvoeg nadat die aansoek ingedien is.
Geagte student
Let asb daarop dat dit onwettig is om enige ID-nommer as u eie te gebruik as u 'n NWU-studentenommer skep. As u u NWU-studentenommer vergeet het, gebruik dan die "Universiteitsnommer Vergeet" opsie wat duidelik op die aansoekbladsy sigbaar is, aan die linkerkant van die bladsy.